Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 7/30
Deel 1/4
Jesus se storie
Die evangelie in 2 Minute
Eerste sirkel: Ons leef in 'n gebroke wêreld
Sleutelbeginsel
Toe Jesus die 12 dissipels geroep het, het Hy vir hulle gesê: "Volg My, Ek sal julle vissers van mense maak" (Matteus 4:19). Jesus was duidelik oor hoekom Hy wou hê hulle moet Hom volg: Hy wou hulle vissers van mense maak.
Sleutel Skrifgedeelte
Jesus het vir Simon gesê: Moenie vrees nie. Voortaan sal julle mense vang (Lukas 5:10).
Jesus se storie
Die meeste mense het nie ‘n duidelike begrip van waarom Jesus aarde toe gekom het en wat Hy kom doen het nie.
Die Drie Sirkels is 'n baie praktiese manier om die evangelie met iemand te deel. Leer om dit in twee minute te doen. Dit gee jou die geleentheid om dit met baie mense te deel. Indien jy dit in twee minute kan doen, gee dit vir jou ook ‘n raamwerk om dit in groter detail te kan doen wanneer dit nodig is.
Die Drie Sirkels-metode om die evangelie te deel
Wanneer jy die evangelie met iemand deel, kan jy drie sirkels gebruik. Dit is maklik om die drie sirkels op papier te teken en dit te gebruik om die evangelie te verduidelik.
Gee noukeurig aandag aan die Skrifverwysings. Memoriseer dit.
Eerste sirkel: Ons leef in 'n gebroke wêreld
Ons leef in 'n gebroke wêreld vol pyn, sonde, dood, siekte, oorlog, egskeiding, eensaamheid, verwerping en verslawing.
Almal van ons probeer dinge doen om uit hierdie gebrokenheid te ontsnap: geld, immoraliteit, magsposisies of dwelms ─ maar niks van hierdie dinge bevredig nie ─ alles lei uiteindelik tot meer gebrokenheid en verwoesting.
Deur ons opstandigheid het ons God se plan vir ons verwerp.
Niks wat ons doen kan ons beter of heilig genoeg maak om die verhouding tussen ons en God te herstel nie. Niks wat ons doen kan ons aanvaarbaar maak vir God en terugbring na sy ontwerp vir ons lewens nie. Die straf, die gevolg van sonde, is die dood.
• Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie. (Romeine 3:23).
• Die loon wat die sonde gee, is die dood (Romeine 6:23a).
· Hulle het die waarheid van God verruil vir die leuen (Romeine 1:25).
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More