Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 5/30
Sluit aan by ‘n geloofsgemeenskap
Sleutelbeginsel
Waar moontlik, moet ons by 'n kerk of gemeenskap van Christene aansluit. Dit kan ‘n huiskerk, of selfs Bybelstudiegroep wees. As Christene is ons deel van die liggaam van Christus. Ons het gemeenskap met ander Christene nodig. Daar kan ons mekaar ondersteun, by mekaar leer, mekaar teregwys, saam bid, die Bybel saam lees en leer verstaan en mekaar aanmoedig om Jesus te volg.
Sleutel Skrifgedeeltes
Handelinge 2:42; 46-47─ Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede … Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.
Hebreërs 10:25 - Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie.
3 Vrae
1. Handelinge 2:42, 46-47 beskryf hoe Christene geleef het nadat die kerk op Pinksterdag begin het.
2. Waarom is Hebreërs 10:25 so belangrik?
3. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Hoe dink God oor my?)
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Neem tyd om te bid: Prys die Here vir die dinge wat Hy vir jou en vir ander doen. Aanbid God omdat Hy regverdig is. Vra die Here om jou te help om gehoorsaam te wees aan dit wat Hy vir jou sê om te doen. Weet jy van iemand wat siek is? Gaan bid vir die persoon (neem byvoorbeeld jou gesin of een of twee vriende saam met jou). Dank die Here vir sy goedheid. Bid vir sy leiding.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More