Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

36天中的第36天

Dag 30/30

Nr.12/12

Jesus beveel: Gaan maak dissipels van al die nasies en bid vir die oes

Sleutelbeginsel

Matteus 28:18-20 was Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels: Gaan en maak dissipels van al die nasies. Dit word dikwels die Groot Opdrag genoem. Hierdie opdrag is vir al sy volgelinge. Dit is 'n opdrag wat die kerk oor die algemeen nie ernstig genoeg opneem nie.

Sleutel Skrifgedeeltes om te bestudeer

Matteus 28:18-20 – Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Matteus 9:35-38 – Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ’n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”

Opdrag Nr.1

Die gedeelte in Matteus 28:18-20 is Jesus se laaste opdrag voordat Hy na die hemel opgevaar het. Dit is van uiterste belang. Vir wie is hierdie opdrag? Sluit dit jou in?

Lees weer Matteus 28:19. Daar is vier basiese dinge wat Jesus vir sy dissipels in hierdie vers sê. Hoe sal dit jou lewe verander indien jy self ook hierdie opdragte gaan gehoorsaam?

Opdrag Nr.2

Lees weer Matteus 9:35-38. Tot watter mate bid plaaslike kerke en gelowiges vir die ongereddes en die insameling van die geestelike oes?

Die tweede vraag is: Watter rol speel gebed vir die onbereiktes (3 biljoen mense) in jou eie gebedslewe?

Gebed: Vra die Heilige Gees om vir jou te wys waar God die Vader jou wil gebruik in sy koninkryk.

读经计划介绍

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More