Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 7/30
Deel 2/4
Jesus se storie
Die evangelie in 2 Minute
Tweede sirkel: God se oorspronklike plan vir ons
God het ons geskape met ‘n doel. Hy het ons geskep en het ons lief, wil die beste vir ons hê en dat ons die ewigheid saam met Hom sal deurbring, Hy wil ons Vader wees, en sy plan vir ons is sinvolle vreugde en vryheid. Hy is lief vir ons, en wil in al ons behoeftes voorsien.
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! (Jeremia 29:11).
Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed (Genesis 1:31).
U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is (Psalms 139:13-16).
God se ontwerp vir ons lewens en ons opstand teen God
God het 'n volmaakte plan gehad vir ons lewens. Ons het Hom egter verwerp deur ongehoorsaam en opstandig te word. Ons het begin om volgens ons eie insig en wil te leef. Ons wou 'n lewe sonder beperkings hê. Die Bybel noem dit sonde. Die gevolg van sonde was die verdraaiing van God se oorspronklike plan vir ons lewens. Ons sondes het dodelike en verwoestende gevolge gehad. Dit het gelei tot gebroke lewens en ’n gebroke wêreld.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More