Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Inleiding
Noudat jy besluit het om Jesus te volg
Daar is letterlik honderdduisende mense wat elke jaar tot bekering kom. Die eerste verantwoordelikheid van die kerk teenoor hierdie bekeerlinge, is om hulle op te volg en dissipels van hulle te maak. Sowat 80% van alle bekeerlinge val binne drie maande weg (hou op om by enige geloofsgemeenskap in te skakel) indien hulle nie opgevolg word en dissipels van hulle gemaak word nie. Na 'n jaar ─ en dit bewys goeie navorsing ─ skakel nog net vier van daardie bekeerlinge by 'n geloofsgemeenskap in.
1. Hierdie materiaal is geskryf vir nuwe volgelinge van Jesus. Dit kan gebruik word deur die persoon wat tot bekering gekom het of die evangelis wat iemand wil help om ‘n volgeling van Jesus te word.
2. Dissipelmaking kan een-tot-een wees of ‘n klein mikro-groep van 3-4 persone. Kom weekliks bymekaar (vir min of meer 90 minute) om die Bybel te lees, vrae met mekaar te bespreek, saam te bid en saam te gesels oor hoe om die Skrifgedeeltes wat bestudeer is prakties te gehoorsaam. Hierdie Bybelstudies is nie inligting-gebaseerd nie, maar gehoorsaamheid-gebaseerd.
3. 30 Bybelstudies: Hierdie is ‘n reeks van 30 Bybelstudies oor verskillende onderwerpe om die basiese beginsels te leer oor wie Jesus is, hoe om in ‘n verhouding met Hom te lewe en hoe Hy wil hê dat ons sal lewe. Dit kan binne 30 dae deurgewerk word. Ek beveel dit egter nie aan nie. Daar is verskillende opsies. As jy nie anders kan as om dit alleen te doen nie, doen een per dag of een elke tweede dag. As jy wel 'n klein mikro-groep van 3-4 mense bymekaar kan kry, doen een studie per week. Of julle kan as groep een studie per week doen en nog een op julle eie. Dit sal julle dan 15 weke neem om deur die studies te werk. Werk ‘n plan uit wat vir julle groep kan werk.
4. Verkieslik moet hierdie studies nie alleenge doen word nie. Kry minstens een persoon om hierdie Bybelstudies saam met jou deur te werk, as dit enigsins moontlik is. Die beste opsie is om dit met ‘n mikro-groep van 3-4 persone te doen. In so ‘n mikro-groep kan julle mekaar ondersteun, verantwoordbaar hou en saam bid. Mense groei gewoonlik vinniger as hulle die Woord saam met ander bestudeer. Om saam deur die Skrif te werk en mekaar van julle ervarings te vertel, versterk ‘n mens en is dit uiters sinvol. Dit is goed om ‘n mentor (‘n volgeling van Jesus met meer ervaring) te hê vir ‘n een-tot-een verhouding of as deel van die groep.
5. Begin ‘n klein WhatsApp groep vir julle mikro-groep van 3-4 persone. Moenie hierdie groep vir enige iets anders gebruik as net basiese kommunikasie oor die dissipelskap proses nie.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More