Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 7/30
Deel 4/4
Jesus se storie
Die evangelie in 2 Minute
Drie baie belangrike vrae
Wanneer iemand ontvanklik is vir ‘n gesprek, kan jy vir die persoon drie vrae vra:
1. In watter sirkel is jy?
2. In watter sirkel wil jy wees?
3. Wat weerhou jou om Jesus se offer te aanvaar om jou met God die Vader te versoen?
Mense sal op verskillende maniere reageer:
1. Sommige sal sê hulle stel nie belang nie.
2. Sommige sal sê hulle is in die sirkel waar hulle reeds met God herstel is (en daarom reeds 'n Christen is).
3. Sommige sal aandui hulle is in die "Gebrokenheid" sirkel maar wil nie verander nie.
4. Ander kan aandui dat hulle in die "Gebrokenheid" sirkel is en graag na God se oorspronklike plan vir hulle lewens wil terugkeer.
5. Sommige sal bereid wees om Jesus daar en dan te aanvaar. Ander sal bereid wees om 'n bietjie meer daaroor te praat ─ maak dan dadelik 'n afspraak met hulle.
Vir mense wat onmiddellik wil bid en Jesus as Here en Verlosser wil ontvang, is hier 'n gebed wat hulle kan bid.
Gebed om Jesus as Here en Verlosser te aanvaar
'n Gebed: As jy Jesus wil aanvaar as jou Here en Verlosser, kan jy so bid:
Here Jesus, ek glo U is die Seun van God en dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het en uit die dood opgestaan het.
Ek is 'n sondaar, en ek kan myself nie red nie. Ek gee my lewe aan U oor. Vergewe my my sondes en reinig my met die bloed van Jesus.
Ek aanvaar U as my Here en Verlosser en kies om onder u heerskappy te lewe.
Dankie vir die gawe van die ewige lewe.
Vul my asseblief met die Heilige Gees.
Dankie dat U my aanvaar as u kind en dat U vandag my God en Vader geword het.
Amen.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More