Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 8/30
Lees jou Bybel elke dag
Sleutelbeginsel
Ons moet die Bybel daagliks lees ─ onsself met die Woord deurdrenk. Wanneer ons die Here Jesus volg, volg ons Hom op grond van sy voorwaardes en op die manier wat Hy voorskryf, volgens sy bevele. Wanneer ons die Bybel lees, leer die Heilige Gees ons en lei ons om te doen wat reg is en dit wat verkeerd en skadelik is, te vermy.
Sleutel Skrifgedeeltes
2 Timoteus 3:15-17 ─ Jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Hebreërs 4:12-13 - Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God uit die hierdie Skrifgedeeltes?
2. Wat leer ons oor onsself of mense in die algemeen, uit hierdie Skrifgedeeltes?
3. Skryf minstens 4 dinge neer wat ons uit hierdie twee Skrifgedeelte leer oor die Woord van God ─ die krag, die doel, die effek en God se opdragte in die Woord.
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Vra die Heilige Gees om jou te help om die Woord elke dag in alle lewensomstandighede toe te pas (Hebreërs 4:12).
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More