Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

36天中的第7天

Bybelstudie 4/30

Bybelstudie 4 – Deel 3/3

Hierdie is deel 3 van ‘n eenvoudig manier om jou te help om jou persoonlike getuienis met iemand te deel.

1. Begin 'n gesprek. 'n Maklike manier om te begin is om te vra: "Wat is die beste ding wat nog ooit met jou gebeur het?"

2. My lewe voor ek Jesus ontmoet het.

3. Hoe ek Jesus ontmoet het.

4. Wat gebeur het nadat ek Jesus ontmoet het.

5. Vra die vraag: Het iets soortgelyks al met jou gebeur?

Huiswerk: Jou huiswerk is om na drie Christene te gaan en jou "My Storie" ─ jou Een-Minuut getuienis ─ te deel en te vra hoe hulle dit beleef het.

Bel drie mense. Sê vir hulle jy doen 'n kursus, het praktiese huiswerk en wil gaan 10 minute van hul tyd hê.

As iemand inwillig, begin praat oor algemene sake en vra: "Wat is die beste ding wat nog met jou gebeur het?"

Moenie vir die persoon sê wanneer jy hulle gaan vra om jou te help met jou "huiswerk" nie. Wanneer jy aan die einde van jou getuienis kom, vertel hulle dat dit jou huiswerk was. Vra hulle hoe jy dit beter kan doen.

Stap 5: Het iets soortgelyks al met jou gebeur?

Wanneer jy jou persoonlike getuienis voltooi het, kan jy met 'n eenvoudige vraag 'n geleentheid skep om "Jesus se Storie" met die persoon te deel.

Nadat jy vertel het wat met jou gebeur het, kan jy byvoorbeeld vra: "Het iets soortgelyks al met jou gebeur?" Hierdie ope vraag is nie-bedreigend en jy dring jouself nie aan die persoon op nie. Dit is ook nie konfronterend nie. Vra die Heilige Gees om jou te lei oor hoe om die gesprek voort te sit.

Oefen dit. Jy moet oefen om jou getuienis in een minuut met ander te deel. Begin om dit vir Christene te vertel. Jy sal gou gemaklik wees om dit met enige iemand te kan deel.

读经计划介绍

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More