Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 9/30
Die Bybel is die Woord van God en vir volgelinge van Jesus is dit die finale gesag in hulle lewens
Sleutelbeginsel
Die Bybel is die ewige Woord van God. Deur die Bybel openbaar God vir ons die waarheid oor 1) Wie Hy is, 2) waar ons vandaan kom (oorsprong), 3) ons doel op aarde, 4) hoe om sinvol te lewe, en 5) wat met ons gebeur na die dood. Die Bybel leer vir ons wie Jesus is en wat sy doel vir ons lewens is.
Deur die Bybel leer God vir ons hoe om in ‘n persoonlike verhouding met Hom en ander mense te lewe en dat hierdie verhoudings op die fondasies van liefde, begrip vir ander en omgee vir ander gebou moet wees.
Die Bybel is nie ‘n wetenskaplike handboek nie. Die Bybel handel oor die verhouding tussen God en mense en mense se verhoudings met mekaar. Daar is sekere sake wat die Bybel baie duidelik as feitlik deurgee, soos byvoorbeeld dat God die hemel en die aarde geskep het (Genesis 1-2; Hebreërs 11:3). Dit is ‘n fundamentele bousteen van God se openbaring aan ons as mense en van ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Die Bybel sê egter byvoorbeeld bykans niks oor natuurwette, hoe die planete funksioneer, wat elektrisiteit is en wat siektes veroorsaak nie.
Sleutel Skrifgedeeltes
1 Petrus 1:23-25─ Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos ’n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.
Lees ook: Johannes 20:30-31en Hebreërs 4:12
2 Vrae
1. Skryf 4 tot 5 dinge uit hierdie gedeeltes neer wat vir jou uitstaan en vra die Heilige Gees oor die prioriteit van die Skrif in jou denke en hoe om die Skrif in jou daaglikse lewe toe te pas.
2. Wat leer jy oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More