Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

36天中的第16天

Bybelstudie 10/30

Gebed: God wil met jou praat en Hy wil hê dat jy met Hom sal praat

Sleutelbeginsel

Gebed begin in die hart van God. God wil met elkeen van ons in ‘n persoonlike verhouding lewe. Gebed is die manier waarop ons met God kan kommunikeer. Gebed is ‘n persoonlike gesprek tussen my en God. God nooi ons uit om met Hom te praat. Gebed is ‘n gesprek met God waar ek met Hom praat oor wie Hy is, my daaglikse behoeftes, nood en uitdagings. Dit is ook die plek waar God met my praat oor wat sy wil is en vir ons wys hoe Hy oor ons voel.

Die mees primêre manier waarop God met ons praat is deur die Bybel. Wanneer ons die Woord lees, vra ons die Heilige Gees wat in ons woon om vir ons die wil van God te openbaar, ons meer van Hom te leer, en Hom te gehoorsaam. Wanneer ons bid, praat ons met Hom oor dit wat Hy vir ons uit die Woord openbaar.

Sleutel Skrifgedeeltes

Matteus 7:7-8 ─ Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Vraag: Wat sê Jesus vir ons oor gebed in hierdie Skrifgedeelte? Identifiseer twee essensiële beginsels oor gebed in hierdie Skrifgedeelte.

3 Vrae

Lukas 11:5-13 ─ Lees hierdie Skrifgedeelte en besin daaroor deur die volgende drie vrae te vra:

1. Wat leer ons oor God in hierdie 2 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie Skrifgedeeltes? Wat leer ons van sy karakter, sy werk, bevele en beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Wat moet in my lewe verander? Watter verantwoordelikhede gee God vir my? Hoe moet ek teenoor ander leef? Hoe dink God oor my?)

3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?

2 Dinge om te onthou

Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 2 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?

1 Praktiese ding om te gaan doen

Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.

读经计划介绍

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More