Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuk 23 – Gesamentlike onderskeiding snoer die mond van 'n dwaas.
Die noodsaaklikheid van ’n verskeidenheid van raadgewers is nie net waar wat oorlog betref nie, maar eintlik van enige situasie waarin die moontlikheid van groot konflik en vyandskap bestaan. Spreuke onderstreep hiermee die belangrike rol van gesamentlike onderskeiding, iets wat ook in die Nuwe Testament se geloofsonderskeidende prosesse nagevolg is en ‘n patroon vir gelowiges geword het om in hulle besluitneming te gebruik (Handelinge 15). Wanneer wyse leiers só te werk gaan, snoer dit dwase se monde.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More









