Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuk 28 – Regverdiges verheug hulle nie oor hulle vyand se val nie.
Hierdie spreuk kan ook in twee dele verdeel word (Spreuke 24:15-16; 24:17-18), maar dit pas ook goed as ‘n eenheid by mekaar, veral in die prentjie wat dit skets van regverdiges se hantering van onregverdiges. Soos ‘n vriend van my gesê het: “Wandel in die teenoorgestelde gees”!
Dit is uiters belangrik om nie die kwaad met kwaad te probeer vergeld nie. Dan raak jy eintlik net so boos soos die bose mense wat jy probeer uitwis. Net soos die Here raaksien as ‘n mens onskuld pleit as jy eintlik net jou onbetrokkenheid wil wegsteek, só sien Hy ook raak as jy jou verlekker in die rampspoed wat jou vyand tref. Dit kan Hom selfs noop om sy oordeel te verander. God verwag van ons dat ons regverdig sal bly, selfs wanneer ons reg bewys word in ‘n saak teenoor onregverdiges. Regverdiges verheug hulle nooit oor hulle vyand se val nie.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More