Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 273 YA 365

Spreuk 26 – God verwag van ons om mense van die dood te probeer red.

Of dit nou is weens sonde, siekte, onreg of gevaar, "red dié wat na hulle dood toe gesleep word." Ons het 'n verantwoordelikheid om nie maar net te huil oor dié wat swaarkry en weerloos afgemaai word nie, maar om inderdaad iets te doen om sulke mense te help en te red. Deur gebed en gesprek moet ons in die bres tree vir die hulpeloses. Spreuke herinner ons ook daaraan dat God alles weet, ook wanneer ons onkunde pleit om ons eie nalatigheid om in te gryp, te probeer verskoon.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More