Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 193 YA 365

Vers 4 stel nog ’n harde werklikheid. Welvarendes het meer vriende as wat armes het. Vroeër in Spreuke is al gesê dat armes selfs deur hulle bure in die steek gelaat word (Spreuke 14:20). Konflik met die familie kan armes selfs dié bietjie vriende kos wat hulle nog het (Spreuke 19:7). Vers 5: ‘n Gebrek aan integriteit – vals getuienis en leuens – kan ‘n duur straf beteken in ‘n hofsaak (Spreuke 19:9 herhaal dit, net met die klem op die vernietiging wat dit bring). Die wet het geleer dat wat ‘n vals getuie aan die een wat hy beskuldig wou doen, aan hom gedoen moet word (Deuteronomium 19:18-19).

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More