Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 15: Luiheid lei tot lusteloosheid en traagheid lei tot honger. Peterson vertaal uitnemend: "’n Luielak doen niks nie. Hy slaap hom honger en eet hom weer vaak. Hy sal nooit sy ideale bereik nie, nooit lekker kan leef nie.” (DB). Vers 16 formuleer ’n weergawe van die bekende twee weë: Gehoorsaamheid aan die wet van God beskerm jou lewe; ongehoorsaamheid aan sy weë eindig in die dood.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More