Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 192 YA 365

Vers 1: Integriteit (eerlikheid) het meer waarde as rykdom. 'n Eerlike arme is beter af as ’n perverse ryke. Vers 2: Jy kan nie met jou spoed of energie opmaak vir ‘n gebrek aan kennis nie. Ywer sonder kennis is gevaarlik. Boonop: “Haastige hond verbrand sy mond.” Of: “Gaan vinnig nêrens heen!” (Kidner). Vers 3: Jy kan nie dwase besluite neem en dan God blameer nie.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More