Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 10: Weelde pas nie by ’n dwaas nie, want hy kan nie die waarde daarvan waardeer nie. Dit is so goed ’n werker (slaaf) kom in bevel van sy werkgewers (prinse). Nie dat dit nie soms gebeur nie (Prediker 10:6-7), maar dit laat ’n samelewing in wanorde verval. Soos dit met die skeuring van die ryk van Israel gebeur het waar Jerobeam koning geword het en die volk afvallig geraak het.
Vers 11: Die 1983-vertaling het dit pragtig vertaal. "’n Verstandige mens beteuel sy humeur," want ’n koel kop voorkom ’n onvanpaste optrede. Hy "stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees," want wie wrokke koester, kom in ’n siklus van wraak en weerwraak wat almal se ondergang beteken. Verstandigheid (śekel) beteken die kapasiteit om nie net beginsels te begryp nie, maar daarvolgens op te tree. Dit help hulle om oopkop na ander te kyk en nie deur woede of wrokke van stryk gebring te word nie. Hulle is daarom lankmoedig – ’n eienskap van God – wat beteken dat hulle nie gou kwaad word nie. Hy stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees, iets wat in die Nuwe Testament ook baie hoog aangeskrewe is (Matteus 18:21-35). Vers 12: Peterson vertaal: "’n Woedende baas kan soos ’n brullende leeu wees. Almal om hom wil hy verskeur. As sy bui bedaar, is hy weer so mak soos ’n lammetjie.” (DB). Dit leer ’n mens om leiers met groot takt te hanteer.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More