Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 179 YA 365

Vers 2: 'n Dwaas stel nie belang om tot groter insig te kom nie, maar net om almal van sy eie opinie te oortuig. Sy oorvloed woorde openbaar eintlik 'n gebrek aan insig. Wyse mense luister eers voor hulle praat (Spreuke 18:15). Vers 3: Iemand wat verkeerd doen – 'n goddelose of bose mens – beledig mense oral waar hy kom. Hy verneder hulle en laat hulle sleg voel deur hulle te spot en met geen respek te behandel nie. Die keersy is natuurlik dat dit dan ook met so iemand gebeur.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More