Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 178 YA 365

Spreuke 18 lê weer baie klem op die waarde van woorde, meer spesifiek in terme van die kommunikasie patrone wat dit vestig. Kommunikasie maak saak! Dit kan soos diep waters wees, ‘n bron van wysheid (vers 4) óf dit kan rusie veroorsaak (vers 6), en jou eie (vers 7, 13) en ander (vers 3, 5, 8) se ondergang beteken.

Vers 1 beklemtoon dat wysheid in oorlegpleging lê. Die teks sê letterlik: "hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte” – dit wil sê, iemand wat anti-sosiaal optree. Hy soek net sy eie belang en nie dié van die gemeenskap nie. Hy verwerp die voordeel van oorlegpleging. Lot se verhaal in Genesis 13 is 'n uitstekende voorbeeld hiervan. Hy het hom afgeskei van Abram – dieselfde Hebreeuse woord vir afskei (niprād) word gebruik – en die beste deel gekies. Hy moes toe vlug van die oordeel oor Sodom en Gomorra.

Andiko

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More