Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Hierdie verse beklemtoon dat ’n mens moet dink voor jy praat. Vers 27: As jy regtig kennis het, kan jy kies wanneer om te praat en wanneer om stil te bly. Letterlik: "Hy wat sy woorde spaar, ken kennis". ’n Kalm gees toon ware insig. Letterlik staan daar ’n "koue gees” – dit wil sê, iemand se binnekant wat soos ’n poel koue water is. Dit dui op selfbeheersing, iets wat die Heilige Gees natuurlik vir ons as kinders van God gee ("God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” – 2 Timoteus 1:7). Vers 28: Selfs ’n dwaas wat stilbly, sal as wys en verstandig gereken word. Dit is natuurlik nie net ironies bedoel nie. ’n Dwaas wat sy woorde tel, is nie langer meer heeltemal dwaas nie.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More