Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense UitSample

Fokus op Jesus
Die belofte van Psalm 85 is gerig aan hulle wat die Here dien (vers 10). Die belofte is ‘n woord van vrede vir die volk (vers 9) wat gebring sal word deur die Here se redding wat naby is. Redding word nou voorgestel deur ‘n viertal kenmerke van God: sy liefde, sy trou, sy geregtigheid en sy vrede. Volgens Psalm 85 sal hierdie vier eienskappe bymekaar kom en die land weer produktief maak. Die optimale kondisies vir menslike lewe sal weer bestaan. Die punt daarvan om die redding so te beskryf is om redding te interpreteer as ‘n dinamiese proses waarin die karakter van God in sy volheid werk.
En ons weet dat Jesus die volheid van God is. Kolossense 1:15-20, Hebreërs 1:8-13, Filippense 1:9-11. Watter wonderlike Kersfees volheid het Jesus nie bewerk met sý liefde, trou, geregtigheid en vrede nie? Ons eer Hom as die Prins van Vrede wat vir ons ‘n ewige hoop en vrede bewerk het, Hebreërs 6:19.
Mag jy hierdie Advent werklik fokus op die liefde, trou, geregtigheid en vrede wat sigbaar geword het in Jesus Christus!
About this Plan

In Psalm 85 lees ons dat God sy mense seën en vrede oor hulle uitspreek. Tydens hierdie 3-dag-leesplan ontdek jy weereens hoe Jesus hierdie belofte van seën en vrede vervul in die koms van Jesus Christus.
More
Related Plans

From PlayGrounds to Psychwards

Lies & Truth Canvas

Blessed Are the Spiraling: 7-Days to Finding True Significance When Life Sends You Spiraling

Making the Most of Your Marriage; a 7-Day Healing Journey

When God Says “Wait”

War Against Babylon

When God Doesn't Make Sense

And He Shall Be Called: Advent Devotionals, Week 5

The Judas in Your Life: 5 Days on Betrayal
