YouVersion Logo
Search Icon

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense UitSample

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

DAY 2 OF 3

Ons kyk terug en ons kyk vorentoe

Dink oor die verlossingsgeskiedenis van die volk Israel. Psalm 85 is waarskynlik geskryf na die ballingskap toe die geloofsgemeenskap kon terugkyk na hulle wonderlike redding. Hulle is dankbaar en loof God vir die wonderlike redding wat hulle beleef het. Die ballinge het teruggekeer maar die volk het vinnig weer bewus geraak daarvan dat hulle redding nodig het.

Ons sien dit in Jesaja 59, Haggai 1:5-11, Sagaria 1:12. Verlossing het gekom, maar die behoefte aan verlossing bly steeds.

Waar sien jy vandag dat die verlossing gekom het maar dat verlossing steeds nodig is? Dalk in die politiek, die ekonomie, jou gemeenskap of selfs jou kerk? Bid dat die verlossingsbeloftes oor Suid-Afrika weer sal herleef! Want net Jesus kan ons perspektief weer herstel en ons weer heelhartig op God laat fokus.