Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense UitSample

Algemene Oorsig
Psalm 85 is ‘n pragtige Psalm wat ons help om ons lewens weer voor God te evalueer. Die laaste deel van Psalm 85 (vers 9-13, AFR85) is dikwels gebruik as ‘n Psalm vir die seisoen van Advent. Dit is ‘n poëtiese en dramatiese belofte dat God se “uitkoms is naby vir dié wat Hom dien” (vers 10). Hoor dieselfde as die engele in Lukas 2:14 (AFR83) sing “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”. Jesus bring vrede vir mense! Dit is tog die boodskap van Kersfees.
Psalm 85 is ‘n korporatiewe gebed vir hulp. Dit begin in vers 1-3 met ‘n gebed van lofprysing aan die Here vir sy guns oor sy land en sy mense in die verlede. Daarna vra dit dat die Here weer soos in die verlede, sy woede sal draai na guns en dat Hy sy verbondsgetrouheid sal manifesteer deur die redding van sy mense (4-8). ‘n Individuele stem kondig aan dat hy wil luister namens die gemeente na wat God sê en God se boodskap van vrede vir sy volk. En dan sien ons in vers 10-14 die magte van verlossing aan die werk soos God die vrede skep.
Lees hierdie Psalm twee keer deur en haal kernwoorde vir jouself uit waaroor jy dieper dink en in gebed met God bespreek. Fokus op die omstandighede van ons wêreld en vra God om die vrede weer te herstel.
Scripture
About this Plan

In Psalm 85 lees ons dat God sy mense seën en vrede oor hulle uitspreek. Tydens hierdie 3-dag-leesplan ontdek jy weereens hoe Jesus hierdie belofte van seën en vrede vervul in die koms van Jesus Christus.
More
Related Plans

Unwrapping Christmas

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

The Heart Work

Christian Forgiveness

Biblical Marriage

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Be Good to Your Body

A Spirit Filled Moment
