Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 1/30
‘n Nuwe Pad
Kry ‘n paar vriende (± 4) om hierdie studies saam met jou te doen. Kom een keer per week bymekaar, lees die Bybel en gaan doen wat julle hoor die Heilige Gees vir julle sê. Praat met mekaar oor wat julle in die Skrif ontdek het. Jy kan hierdie studies een-tot-een saam met iemand doen, maar dit is baie sinvol om dit saam met ‘n mikro-groep te doen.
Sleutelbeginsel
Wanneer ons volgelinge van Jesus word, neem ons Jesus aan as Verlosser en Here. Verskeie dinge gebeur gelyktydig op hierdie punt:
- Jy word ‘n kind van God.
- God gee vir jou ‘n nuwe gees en die Heilige Gees kom woon in jou. Die Bybel verwys daarna as wedergeboorte (Johannes 3:3-7).
- Jy beweeg uit die koninkryk van die duisternis na die koninkryk van die lig, die koninkryk van God.
- Hierdie besluit verander jou eindbestemming. God het jou so lief dat Hy wil hê dat jy die ewigheid saam met Hom sal deurbring in die hemel.
Sleutel Skrifgedeeltes
Johannes 1:12 ─ Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg (die mag, outoriteit, voorreg) gegee om kinders van God te word.
2 Korintiërs 5:17 – Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Johannes 3:3 ─ Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore (weergebore) word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
2 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons?)
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? Hoe dink God oor my?
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Kan jy dink aan een persoon vir wie jy kan gaan vertel wat met jou gebeur het?
Bid saam as ‘n groep: As jy reeds ‘n klein groepie van 3-4 kon vorm, maak tyd om saam te bid.
Dit is die belangrikste gesprek van ons groepsbyeenkoms. Wanneer ons bid, staan ons in die teenwoordigheid van God. Bid vir julle persoonlike behoeftes en oor die dinge wat God vir julle uit die Skrif geopenbaar het. Ruim tyd in vir sondebelydenis en nuwe toewyding aan die Here. Bid vir die redding van mense en dat hulle aktiewe dissipels sal word.
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

You Say You Believe, but Do You Obey?

Rebuilt Faith

Sharing Your Faith in the Workplace

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

Awakening Faith: Hope From the Global Church

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)
