YouVersion Logo
Search Icon

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

DAY 5 OF 36

Bybelstudie 4/30

Bybelstudie 4 - Deel 1/3

Jesus het gesê: Ek wil julle vissers van mense maak

“My Storie in Een Minuut”

Hierdie is deel 1 van ‘n eenvoudige manier om jou te help om jou persoonlike getuienis met iemand te deel.

Sleutelbeginsel

Toe Jesus die 12 dissipels geroep het, het Hy vir hulle gesê Hy wil hulle vissers van mense maak.

Sleutel Skrifgedeeltes

Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang” (Lukas 5:10).

Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak” (Matteus 24:19).

Hoe kan ek “My Storie” op ‘n sinvolle wyse met iemand deel?

Die fokus van hierdie studie is hoe om my persoonlike getuienis (My Storie) te gebruik om die evangelie op 'n sinvolle manier met ander mense te deel. Met ander woorde: “Hoe ek 'n volgeling van Jesus geword het.”

Vyf stappe om jou getuienis in Een Minuut met iemand te deel.

Een van elke Christen se kragtigste instrumente om mense van Jesus te vertel, is sy/haar persoonlike storie van redding. As ons dit op die regte manier doen, kan dit baie doeltreffend wees. Te veel mense vertel 'n lang storie. As ons ons getuienis tot Een Minuut beperk, sal byna almal luister sonder om moedeloos te word of aanstoot te neem. Ons getuienis maak dikwels die deur oop vir verdere gesprekke.

Die "metode" wat hier gebruik word, help mense om die evangelie op 'n doeltreffende, maklike en positiewe manier met ander te deel. Dit is maklik om te leer en ander Christene te help om dieselfde te doen.

Een-minuut getuienis: My Storie

Stap 1 - Hoe om 'n gesprek te begin

'n Maklike manier om 'n gesprek te begin, is om vir iemand te vra: "Wat is die beste ding wat nog ooit met jou gebeur het?"

Dit is 'n nie-bedreigende en oop vraag. Vra 'n paar vrae oor wat die persoon gedeel het ─ daar moet egte belangstelling in die persoon se storie wees. Behandel die persoon met respek.

Hierna kan jy vra: "Mag ek vir jou vertel wat die beste ding is wat nog ooit met my gebeur het?"

Vertel die verhaal van jou eie redding in 60 sekondes.

About this Plan

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More