Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 4/30
Bybelstudie 4 – Deel 2/3
Jesus het gesê: Ek wil julle vissers van mense maak
“My Storie in Een Minuut”
My Storie in Een Minuut
Hierdie is deel 2 van ‘n eenvoudige manier om jou te help om jou persoonlike getuienis met iemand te deel.
Stap 2 - Jou lewe voor jy 'n Christen geword het.
As jy jou lewe voor jou redding met twee of drie woorde kon beskryf, wat sou dit wees?
Tipiese voorbeelde:
- Woede en verwarring
- Woede en rebellie
- Verveelheid en ‘n sinnelose lewe
- 'n Dief en dwelmverslaafde
- Selfsug en hebsug
- Selfsug en trots
- Arrogant en bitter
- En dies meer.
Kom ons gebruik woede en verwarring vir hierdie oefening.
Deel met die persoon hoe jou lewe was voor jou bekering (20 sekondes). Wanneer jy begin om jou getuienis te deel, is die volgende 'n goeie sin om te gebruik: "Daar was 'n tyd toe my lewe vol woede en verwarring was." Beskryf dit in 'n paar sinne ─ min of meer 20 sekondes. Jy kan baie sê in 20 sekondes!
Stap 3: Beskryf jou bekering (20 sekondes)
Vertel hoe jy 'n Christen geword het. 'n Goeie sin om te gebruik is: "Maar toe het iets gebeur ..."
Onthou, elke persoon se lewe is uniek; daarom sal elkeen se getuienis uniek wees.
Voorbeelde
- Ek het een oggend kerk toe gegaan en die predikant het vir my verduidelik waarom Jesus aarde toe gekom het en hoe dit op my lewe van toepassing is. Ek het besef ek wil dit hê!
- Ek het een nag wakker geword en leeg gevoel en 'n diep begeerte gehad om sinvol te lewe en ontslae te raak van die las van die dinge wat ek in die verlede gedoen het.
- Ek was eensaam en alleen in 'n hotelkamer. Daar was ‘n Bybel in een van die laaie en ek het dit begin lees. Ek het op Johannes 1:12 afgekom. Ek het dit gelees en geweet ek wil ‘n verhouding met God hê.
- En dies meer.
Dit kan opgevolg word (byvoorbeeld) met die volgende: Daardie nag het ek ontdek dat Jesus vir my gesterf het en uit die dood opgestaan het. Terwyl ek Johannes 1:12 gelees het, het ek die woorde van Jesus verstaan waar Hy gesê het as ek Hom aanvaar as my Here en Redder, Hy my die reg gee om sy kind te wees.
Maak 'n punt daarvan om te sê: "Ek het besef dat Jesus vir my gesterf het en uit die dood opgestaan het."
Stap 4: Jou lewe na jou bekering (20 sekondes)
Sommige sal getuig dat hulle dadelik verlos is van alle begeerte na alkohol, ens. Ander sal vertel hoe hulle woede en opstandigheid stadig uit hulle lewens begin verdwyn het, hoe die lewe stadigaan begin sin maak het.
Skryf jou getuienis neer volgens hierdie vier stappe. Gebruik 'n paar sinne om elke stap te beskryf. Maak seker dat jy dit in 60 sekondes vertel. Elke stap kan ongeveer 20 sekondes wees. Memoriseer dit en vertel dit vir ‘n paar ander Christene en vra hulle vir voorstelle hoe om dit beter te doen.
Oefen dit in julle mikro-groep van 3-4 mense.
Scripture
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

Homesick for Heaven

Faith in Hard Times

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Let Us Pray

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Stormproof
