Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 13/30
Die Heerskappy en Gesag van Jesus
Sleutelbeginsel
Wanneer ons die evangelies lees, sien ons dat Jesus gesag het oor die natuur (Matt.8:26), siekte (Matt.4:23), demone (Matt.4:24) en die dood (Luk.8:52). Ons sien hoe Hy wonderwerke gedoen het ─ dinge wat nie ondergeskik was aan die natuurwette soos ons dit ken nie (Markus 2:1-12). Hy is die Een wat alles geskep het en die wette neergelê het waarvolgens alle lewe en die heelal funksioneer. Daarom het Hy ook die mag om daardie wette te ignoreer wanneer Hy wil.
Daar is egter meer: Die Bybel sê daar sal 'n dag kom wanneer alle mense hul knieë voor Jesus sal buig en bely dat Jesus Here is. Hy is Here oor alles. In Hom hou alles stand.
Sleutel Skrifgedeeltes
Matteus 4:23-24 ─ Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.
Lees ook: Lukas 10:1-9 enFilippense 2:9-11.
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie Skrifgedeeltes? Wat leer ons van sy karakter, sy werk, bevele en beloftes?)
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Wat moet in my lewe verander? Watter verantwoordelikhede gee God vir my? Hoe moet ek teenoor ander leef? Hoe dink God oor my?)
3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Ruim tyd in vir gebed.
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

As He Purposeth in His Heart by Vance K. Jackson

Philippians - Life in Jesus

UNPACK This...Being a Good Teammate in Life

Every Thought Captive

Don’t Know What You’re Doing After Graduation? Good.

The Rapture of the Church

3 - LORD'S PRAYER - the Lord´s Requirements

Forever Welcomed: A Five-Day Journey Into God’s Heart for All

The Origin of Our Story
