Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 15/30
Baie sal ophou om Jesus te volg
Sleutelbeginsel
Dit is ‘n hartseer realiteit dat baie mense wat begin om Jesus te volg, later omdraai en nie meer saam met Hom wil loop nie. Dit is bykans onmoontlik om te dink dat dit waar kan wees. Ons moet dag vir dag seker maak dat ons Jesus elke dag ten volle en met oorgawe dien en ons totaal en al onderwerp aan sy heerskappy.
Sleutel Skrifgedeeltes
Johannes 6:56-69 en Markus 4:16
Ontdekkings Bybelstudie
1. Wat leer ons uit hierdie gedeelte oor wie Jesus is, sy standaarde, sy karakter, sy werke, sy optrede teenoor mense en die radikaliteit van sy optrede en woorde?
2. Wat leer ek oor myself uit hierdie gesprek wat Jesus met ‘n aantal van sy dissipels gehad het? Is daar dinge wat Jesus van my verwag om te doen wat ek nie bereid is om te doen nie? Wat sê hierdie gedeelte vir alle mense wat volgelinge van Jesus wil wees?
3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Is daar tye wanneer jy voel dat jy wil ophou om Jesus te volg? Waarom? Ken jy iemand wat Jesus gevolg het en teruggedraai het? Sal jy nie tyd inruim om vir die persoon te bid en daarna na die persoon uit te reik en terug te roep na Jesus nie? Doen dit met gebrokenheid.
Scripture
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

Rooted in Your True Identity

More Than a Dream Coat

Coming to Life: 30-Day Devotional
Find & Follow Jesus, Quarter 4

Relationships That Flourish: A 30-Day Devotional on Finding Security in Christ and Growing Healthy Connections

Unfolding the Bible Story With Sherene

If God Is Perfect, Why Is There Evil?

The Burning Altar - 14 Days of Calling the Church to Pray

LIFE & BREATH
