Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 12/30
Wie is Jesus?
Sleutelbeginsel
Jesus is die Seun van God. Hy het uit die hemel gekom en is as 'n mens gebore om ons van sy Vader te kom vertel. Hy het aarde toe gekom om sondaars van hulle sondes te red. Jesus het aan die kruis gesterf om die straf vir ons sondes te betaal. Hy het ons sondes op Hom geneem. Hy het nie net ons sondes weggeneem en die weg na die hemel vir ons oopgemaak nie. Hy het ook gekom om dag vir dag by ons te wees (deur sy Gees wat in ons is), ons lewens sinvol te maak en ‘n persoonlike verhouding met ons te hê. Hy wil hê ons moet Hom volg en hierdie boodskap van verlossing van sonde na alle mense neem.
Sleutel Skrifgedeeltes
Sleutel Skrifgedeelte om te lees: Johannes 1:1-18
Lees ook: Johannes 3:16-18
Bestudeer hierdie Skrifgedeeltes.
Skryf soveel moontlik dinge neer oor dit wat jy uit hierdie gedeelte leer oor wie Jesus is.
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Sommige name en beskrywings van Jesus
Adonai, Soewereine Here (Genesis 15:2,8). Skepper van alle dinge (Kolossense 1:16). Sy Eniggebore Seun (Johannes 3:16). Seun van die Allerhoogste God (Markus 5:7). Hy is die ware God en die Ewige Lewe (1 Johannes 5:20).
Hy is soewerein. Hy regeer. Hy is die Ewige Regter. Regter van lewendes en dooies (Handelinge 10:42). Hy is die Here van die here (Openbaring 17:14). Die Here wat die hemele geskep het (Jesaja 45:18). Hy is ons Verlosser (Romeine 11:26). Hy is 'n Vriend wat nader is as 'n broer (Spreuke 18:24; Johannes 15:15). Hy is die Lam in die middel van die Troon (Openbaring 7:17). Lam van God (Johannes 1:29). Die Lam wat geslag is (Openbaring 5:12). Lam sonder Vlek (1 Petrus 1:19). Die Een wat die Versoeningsoffer vir ons Sondes is (1 Johannes 2:2). Losprys (Markus 10:45).Hy is die Alfa en Omega (Openbaring 3:14). Die Begin en Einde (Openbaring 22:13). Die Ewige Lewe (1 Johannes 5:20). Eerste en die Laaste (Openbaring 1:17).
Scripture
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

As He Purposeth in His Heart by Vance K. Jackson

Philippians - Life in Jesus

UNPACK This...Being a Good Teammate in Life

Every Thought Captive

Don’t Know What You’re Doing After Graduation? Good.

The Rapture of the Church

3 - LORD'S PRAYER - the Lord´s Requirements

Forever Welcomed: A Five-Day Journey Into God’s Heart for All

The Origin of Our Story
