YouVersion Logo
Search Icon

Leef vir die ewigheidSample

Leef vir die ewigheid

DAY 7 OF 7

’n Reis

Ek en jy is op ’n reis op pad na die ewigheid toe. Ons moet ons vandag ’n baie ernstige vraag afvra en dit is op watter pad ons is. Jesus sê baie duidelik dat as ons nie saam met Hom is nie, ons definitief teen Hom is (Matt. 12:30). En as ons teen Hom is, gaan ons ons lewe verloor. Maar as ons saam met Hom werk en saam met Hom op die pad na die ewigheid is, het ons niks om oor bekommerd te wees nie.

Jonathan Edwards het gesê: “As ons lewe nie ’n reis na die ewige lewe is nie, is dit ’n reis op pad na die hel toe.” Dit is ’n baie ernstige stelling. Daar is slegs een pad hemel toe. Die Here sê self vir ons daardie pad is nou en dat daar min mense op gaan wees. Tog is die pad na die hel toe breed en vol mense (Matt. 7:13-14). Dit gaan ’n maklike pad sonder uitdagings wees. Maar dit is ook die pad wat na die ewige verderf toe gaan lei.

Ek en jy moet baie seker wees dat ons op pad saam met Jesus is — op pad saam met Hom na die ewige lewe toe.

Hierdie oordenkings is geneem uit LEEF VIR DIE EWIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.

Scripture

About this Plan

Leef vir die ewigheid

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!

More