YouVersion Logo
Search Icon

Leef vir die ewigheidSample

Leef vir die ewigheid

DAY 6 OF 7

’n Kosbare skat

Die Bybeluitlêer Matthew Henry het gesê: “Die ewige lewe is ’n skat wat te kosbaar is om deur die rykdom van die wêreld gekoop te word.”

Ons staan elkeen voor die uitdaging om nie so aangetrek te word deur die dinge van die wêreld dat ons die ewige lewe misloop nie. Ons lees in die Bybel hoe dit keer op keer met mense gebeur het. Baie mans en vroue wat so goed in hulle geloofswandel gevaar het en op pad was na die ewige lewe, is weggelok deur die begeerlikhede van hierdie wêreld (Matt. 19:16-22; Num. 12; Rig. 16).

Ek het eenkeer die storie gehoor van ’n man wat ’n watermeule besit het. Baie jare gelede is koring tussen twee klippe fyngemaal. Hierdie man was ’n meulenaar, maar hy was obsessief oor geld. Die mense het vir hom gesê hy moet sy saak met die Here regkry, want hy was besig om oud te word. Hy sou net sê: “Ek kan nie, ek is te besig.” Hy het later baie siek geword, maar hy het aangedring dat sy bed langs die meulsteen by die meule gesit word sodat hy kon hoor hoe die koring gemaal word. ’n Leraar het hom kom besoek en gesien die man is sterwend. Hy het vir die man gesê om sy sondes te bely. “Jammer, ek kan jou nie hoor nie, die meule raas te veel," het die man uitgeroep. En met daardie woorde het hy gesterf. Moenie soos hierdie man die rykdom van die wêreld ten koste van die kosbare skat van die ewige lewe najaag nie.

Scripture

About this Plan

Leef vir die ewigheid

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!

More