Leef vir die ewigheidSample

Ken die weg
Hoe nader ons aan die eindtyd beweeg, hoe belangriker word dit dat ons die pad na die ewigheid sal ken. Ons moet weet hoe om by ons ewige tuiste uit te kom. Dit sal geen nut hê om aan die einde te begin skarrel en die pad te soek nie.
Jesus het vir sy dissipels gesê dat Hy vir hulle plek gereed gaan maak by sy Vader en dan terugkom om hulle na Hom toe te neem. Hy het ook gesê hulle weet “hoe om daar te kom” (Johannes 14:4, NLV).
Tomas het na Jesus toe gegaan en vir Hom gesê hulle ken nie die pad nie. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Wie van ons ken nié die pragtige antwoord van Jesus nie?
Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Ons moet dit ook nie miskyk nie. Dit is nie moeilik om dié pad te vind nie.
Scripture
About this Plan

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!
More
Related Plans

Identity Shaped by Grace

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

God, Not the Glass -- Reset Your Mind and Spirit

____ for Christ - Salvation for All

Be Sustained While Waiting

The Art of Being Still

One New Humanity: Mission in Ephesians

Virtuous: A Devotional for Women

Following the Call of Jesus
