YouVersion Logo
Search Icon

EsterSample

Ester

DAY 35 OF 43

God het die Finale Woord

Lees: Ester 7:7-8; Spreuke 16:4

SOAP: Spreuke 16:4

"Die Here het alles gemaak met ‘n doel, ook die goddelose vir die dag van straf."

Oordenking

Haman se bose planne het uiteindelik hul einde bereik en het verbrokkel voor die aangesig van God se geregtigheid. Hierdeur word ons kragtig herinner aan God se soewereiniteit. Al lyk dit of goddeloosheid vir 'n tyd lank floreer, ontgaan niks God se wakende oog nie. Hy is ten volle bewus van die boosheid wat in die wêreld en sodoende in die harte van baie mense bestaan, maar selfs in hierdie omstandighede is God steeds aan die werk.

Dikwels wonder ons waarom die boosheid voortduur? Waarom laat God hiérdie duisternis in die wêreld toe? Spreuke 16:4 sê vir ons dat alles 'n doel het, selfs die optrede van die goddelose. Alhoewel dit moeilik is om te verstaan, kan ons wel vertrou dat God, in sy oneindige wysheid, alles – beide goed en sleg – in sy groter plan inweef. Hy smag daarna dat elke hart na Hom moet draai, maar Hy weet ook dat sommige, soos Haman, rebellie bo bekering sal kies.

Hier is die goeie nuus: God het die finale sê. Daar sal 'n dag van afrekening kom, wanneer boosheid ten volle geoordeel sal word en God se geregtigheid sal seëvier. Tot en met daardie tyd kan ons in die versekering rus dat God aan die stuur is, selfs wanneer ons dit nie kan sien nie en dat sy voornemens altyd sal seëvier.

Liewe vriendin, dis maklik om moedeloos te raak as gevolg van die donkerte rondom ons, maar moenie moed verloor nie. God is steeds soewereinen Hy beweeg steeds. Kom ons vertrou Hom om sy lig deur ons te laat skyn, veral te midde van hierdie wêreld se probleme. Ons moed, gewortel in sy waarheid, is wat hiérdie wêreld nodig het.

Gebed

Here Jesus, gee my oë om u hand aan die werk te sien, selfs te midde van boosheid. Versterk my hart met u waarheid en help my om die wêreld nie deur menslike oë te sien nie, maar deur die lens van die hemel. Gee my die moed om sterk en vrymoedig te wees; om u lig te reflekteer na 'n wêreld wat U so broodnodig het. Amen.

Scripture

About this Plan

Ester

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.

More