EsterSample

God Beloon Getrouheid
Lees: Ester 8:1-17; Spreuke 28:20
SOAP: Spreuke 28:20
"'n Betroubare man is baie voorspoedig, een wat gou ryk wil word sal sy straf kry."
Oordenking
Mordegai se verhaal is 'n pragtige voorbeeld van getrouheid. Hy het nie eer of rykdom vir homself gesoek nie. Tog het God hom tot 'n posisie van groot invloed verhef en die verantwoordelikheid aan hom toevertrou om sy volk te red. Mordegai was getrou in die klein dingetjies en op sy beurt het God hom met baie meer geseën. Die koning se seëlring is aan hom gegee, hy is oor Haman se landgoed aangestel en bemagtig om 'n proklamasie uit te vaardig ter beskerming van die Joodse volk.
Daarteenoor het Haman se strewe na rykdom, status en eer tot sy eie ondergang gelei. Sy honger na mag en aansien het veroorsaak dat hy sy karakter op die spel gesit het; ‘n daad wat hom uiteindelik vernietig het. Spreuke 28:20 herinner ons daaraan dat alhoewel die samelewing dikwels die rykes en magtiges prys, God bo alles waarde aan getrouheid heg. Die belonings van getrouheid is dalk nie altyd onmiddellik of selfs enigsins sigbaar nie. Tog is hiérdie belonings ewig en veel groter as enige aardse rykdom.
In 'n wêreld wat ons dikwels druk om sukses, erkenning en materiële rykdom na te jaag, het ons as kinders van God ‘n ander roeping. In plaas daarvan om na meer te streef, laat ons daarna streef om getrou te wees – getrou aan God, getrou aan die lewensroeping waartoe Hy ons geroep het en getrou aan die mense wat Hy rondom ons geplaas het.
Liewe vriendin, voel jy onsigaaar of in die versoeking om jou waarde aan die wêreld se standaarde te meet? Hou moed – God sien jou getrouheid raak, selfs in die klein, onsigbare oomblikke. En op sy perfekte tyd sal Hy jou seën op maniere wat enigiets wat hierdie wêreld kan bied ver oortref.
Gebed
Here Jesus, help my om soos Mordegai te wees – getrou in alles waartoe U my geroep het. Leer my om U te eer waar U my geplaas het en met wat U aan my toevertrou het. Help my om daarop te fokus om getrou te wees, met die wete dat U elke daad van gehoorsaamheid sien en beloon. Amen.
Scripture
About this Plan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Related Plans

Leviticus | Reading Plan + Study Questions

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite

Our Father...

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us

Filled, Flourishing and Forward

____ for Christ - Salvation for All

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing
