YouVersion Logo
Search Icon

EsterSample

Ester

DAY 33 OF 43

Bring Dit na God

Lees: Ester 7:1-4; Filippense 4:6

SOAP: Filippense 4:6

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

Oordenking

Ester het ’n oomblik van ongelooflike moed en geloof beleef toe sy voor die koning gestaan en haar lewe op die spel geplaas het vir haar volk. Haar vertroue het egter nie uit haar eie krag gekom nie. Sy het haar hart voorberei deur gebed en vas en haar vertroue in God geplaas. Sy het geweet haar taak was eenvoudig om gehoorsaam te wees en dat die uitkoms in God se bekwame hande gerus het.

Ons kan soveel leer uit Ester se voorbeeld. Wanneer ons situasies in die gesig staar wat angs of onsekerheid veroorsaak, kan ons net soos Ester ons behoeftes na God bring. Filippense 4:6 herinner ons daaraan dat ons nie angstig hoef te wees nie, want ons het ’n God wat luister. Deur gebed kan ons ons bekommernisse aan sy voete neerlê en vertrou dat Hy presies sal voorsien wat ons nodig het, op sy volmaakte tyd.

Die sleutel is om te weet dat ons vertroue nie in ons eie vermoë lê om die situasie te beheer nie, maar in God se getrouheid. Hy weet wat ons nodig het nog voordat ons vra, en Hy werk altyd, selfs in oomblikke wanneer ons dit nie kan sien nie. Wanneer ons ons bekommernisse aan God toevertrou, vind ons vrede, ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan, wetende dat ons lewens in die hande is van God wat ons meer liefhet as wat ons ons kan indink.

Liewe vriendin, is daar iets wat jou vandag angstig maak? Neem dit na God in gebed. Vertrou dat Hy jou hoor, en laat sy vrede jou angstige gedagtes vervang. Hy is getrou, en Hy sal jou nooit faal nie.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U my gebede hoor en my behoeftes ken nog voordat ek dit uitspreek. Help my om my angstige gedagtes aan U oor te gee en te vertrou dat U alles vir my ten goede laat meewerk. Vul my hart met vrede terwyl ek rus in u onfeilbare liefde en konstante teenwoordigheid. Dankie dat U elke tree van die pad by my is. Amen.

About this Plan

Ester

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.

More