EsterSample

Week 4 / God se Kragtige Werk
God is Reeds aan die Werk
Lees: Ester 5:1-5; Psalm 34:8
SOAP: Psalm 34:8
"Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle."
Oordenking
Al word God se naam nie in die boek Ester genoem nie, is sy teenwoordigheid onmiskenbaar. Na drie dae van vas en gebed het Ester 'n oomblik betree wat haar lewe kon kos. Sy het ongenooid die binnehof van die paleis binnegegaan en alles gewaag, maar voordat sy 'n woord kon spreek het iets wonderlik gebeur — koning Ahasveros het haar genade betoon en haar met guns verwelkom.
Alhoewel Ester haarself voorberei het deur gebed en vas, was dit God wat haar vooruit gegaan het en die koning se hart sag gemaak het. Haar skoonheid en karakter het reeds sy goedkeuring gekry, maar dit was haar geloof in God wat haar die moed gegee het om met vrymoedigheid die onbekende in te stap. Hierdie oomblik herinner ons dat ongeag hoeveel ons voorberei of beplan, net God die mag het om harte en omstandighede te verander.
Liewe vriendin, hoe gereeld betree ons situasies, vertrou ons op ons eie krag en vergeet dat dit God is wat die weg voor ons gelyk maak? Psalm 34:8 herinner ons daaraan dat die Here dié wat Hom vrees, omring en beskerm. Net soos Hy rondom Ester laer opgeslaan het, omring Hy ons vandag – om elke besonderheid te lei en voor te berei. Ons rol is om te vertrou, te gehoorsaam en te rus in die versekering dat God reeds aan die werk is, selfs wanneer ons dit nie kan sien nie.
Is jy in 'n situasie waar jy nodig het dat God voor jou uitgaan? Hou moed. Hy is getrou en Hy sal die weg voorberei. Vertrou dat sy teenwoordigheid by jou is en laat sy vrede jou dra deur alles wat voorlê.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U voor my uitgaan, selfs wanneer ek nie kan sien wat voorlê nie. Ek is so dankbaar dat U altyd werk, elke stap en elke besonderheid van my lewe liefdevol voorberei. Help my om U volkome te vertrou, veral in oomblikke van onsekerheid. Leer my om U ten volle te vertrou, met die wete dat U altyd vir my beswil en u eer werk. Amen.
Scripture
About this Plan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Related Plans

Start Your Day With God: How to Meet With God Each Morning

To You, Oh Lord

Living by Faith: A Study Into Romans

The Artist's Identity: Rooted and Secure

God's Right Here

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

Breaking Free From Shame

Growing Your Faith: A Beginner's Journey
