YouVersion Logo
Search Icon

EsterSample

Ester

DAY 2 OF 43

Memoriseervers:

"Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie."

Matteus 6:20

Uitdaging vir die Week:

Kom ons fokus hierdie week daarop om 'n lewe van geloof, eerder as 'n lewe van vrees te leef. Wanneer vrees jou gedagtes binnekom, neem dit gevange deur verse te lees wat die vrese beveg. Neem dan in daardie oomblik tyd om jou vrese in geloof te verander deur daaroor te bid en hulle aan God oor te gee. Mag hierdie week die begin wees van 'n lewe wat in geloof geleef word en wat eer aan God bring.

Scripture

About this Plan

Ester

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.

More