DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoopSample

Die EEN wat vir ons instaan deur sy bloed
Ragab was diep bekommerd oor die naderende gevaar vir haarself en haar familie. Sy het die verspieders laat belowe dat hulle haar en haar familie dieselfde goedheid sou betoon as wat sy aan hulle bewys het. Verder het sy op ‘n waarborg aangedring om hul veiligheid te verseker wanneer die Israeliete Jerigo sou inneem.
Die verspieders het haar geantwoord: “Ons is bereid om ons eie lewe as waarborg te gee vir julle veiligheid. As julle ons nie verraai nie, sal ons ons belofte nakom wanneer die Here hierdie land vir ons gee” (Josua 2:14, 2020).
Hierdie belofte van die verspieders aan Ragab, om selfs hul lewens op die spel te plaas vir haar redding, is ‘n merkwaardige toonbeeld van opoffering en trou. Dit wys vooruit na die perfekte offer van Jesus Christus, wat bereid was om sy lewe te gee vir die redding van die mensdom.
In die Ou Testament kry ons ‘n voorstelling van God se hantering van sonde in die ritueel van die sondebok op die Groot Versoendag. Twee bokke is gebruik: een is geslag as offer vir die sonde van die volk en die ander, bekend as die sondebok, het die volk se sonde simbolies gedra en is die woestyn ingestuur.
Hierdie ritueel wys hoe God beide die straf vir sonde dra en dit heeltemal van sy volk verwyder. Jesus Christus is die vervulling van hierdie ritueel. Hy is beide die Lam van God wat geslag is om die straf van ons sonde te dra en die Een wat ons skuld en sonde wegneem. Sy offer aan die kruis was finaal en voldoende om ons van sonde en ewige oordeel te red.
Net soos die verspieders vir Ragab ingestaan het, staan Jesus vir ons in. Hy het sy lewe afgelê om ons te red en is nou ons volmaakte voorspraak by die Vader, ons ewige Beskermer en Verlosser.
Jy word vandag uitgenooi om, soos Ragab, jou vertroue in dié Een te plaas wat vir jou instaan. Ragab se geloof in die verspieders se belofte het haar en haar familie se lewens gered. Jou geloof in Jesus bring nie net vergifnis nie, maar ook ‘n ewige verhouding met God.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U die Een is wat vir my instaan. Dankie dat U bereid was om tot die dood te trotseer om vir my in te tree om my van oordeel te red. Laat u offer my inspireer om in liefde en dankbaarheid te wandel. Amen.
Scripture
About this Plan

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More
Related Plans

Friendship With Jesus

Hey Girl! You Are Seen, Loved, and Made for More: A 5-Day Plan by Anne Wilson

Faith That Feels Real: Part 4 - Trusting God in the Hardest Times

A Heart Prepared for Thanksgiving

30 Scripture Based Prayers for Your Marriage

Run With Endurance: Faith and Perseverance for Everyone

Prayer

Keep Standing: When the Weight Feels Heavy

Believing Without Seeing
