Vrede in jou hartSample

Wysheid is …
Mense sê mos graag wysheid kom met die grysheid. Maar soms kom grysheid alleen. Daar is geen waarborg dat wysheid op jou gaan neerdaal net omdat jy een jaar ouer is as verlede jaar hierdie tyd nie.
Wysheid vra toewyding aan God, maar ook leerbaarheid. Dié wat bereid is om te leer by die lewe, asook by ander mense en by die Here self, groei in wysheid. Wysheid is om minder van mense se goedkeuring afhanklik te wees, maar om ander met meer respek te behandel. Wysheid is om minder selfsugtig te leef. En om te weet jy hoef nie meer aan elke argument deel te neem nie. Of om ’n opinie oor alles in die lewe te hê nie. Wysheid maak jou rustiger en meer tevrede.
Daardie vrede van God wat verstand en hart te bowe gaan waarvan Paulus in Filippense 4 skryf, word al hoe meer jou deel. En jy hoef nie eers oud te word voordat sulke wysheid jou deel word nie. Hoe bekom jy dit? Wel, Jakobus 1 sê jy bid dit van God af. Vra in geloof en Hy sal vir jou wysheid gee.
Scripture
About this Plan

God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.
More
Related Plans

National Week of Prayer Plan (Nwop), 2025

The Good Enough Mom

Through the Word: Knowing God, Making Him Known

01 - LORD'S PRAYER: Meditations by W. Phillip Keller

Financial Discipleship – the Bible on Cosigning

Parenting on Point

Faith Under Pressure: Stories From the Persecuted Church

Technology & God - God in 60 Seconds

The Missing Half: Why Your Prayers Feel One-Sided and What to Do About It
