Vrede in jou hartSample

Raak geduld-vol
Geduld kom nie vanself nie. Ons moet dit van die Here afbid. Geduld is ’n geskenk van die Heilige Gees, maar ons moet hierdie geskenk inoefen. Geen wonder die ou Engelse woord vir geduld is “longsuffering” nie. Geduld vra dat ons ons emosies moet beheer. Dit begin gebeur wanneer ons nie die hele tyd fokus op daardie omstandighede of mense wat ons emosies so negatief opjaag nie. Ons oefen geduld in wanneer ons nie toelaat dat slegte dinge en goor mense ons gedagtes en emosies kaap nie.
Geduld is om ons gedagtes te verskuif na die Here toe. Dan raak ons gemoed kalmer en geduld wen.
Dan maak ons Spreuke 16:32 ’n werklikheid in ons lewe. Paulus sê op sy beurt in Filippense 4 dat ons al ons behoeftes in gebed aan God moet bekendmaak. Dan sal die vrede van die Here, wat alle verstand te bowe gaan, ons hart en ons gedagtes oppas. Ook moet ons ons gedagtes rig op alles wat opbouend, lofwaardig en mooi is. Dan sal ons God se vrede beleef. Dan sal ons gemoed kalm raak.
Scripture
About this Plan

God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.
More
Related Plans

National Week of Prayer Plan (Nwop), 2025

The Good Enough Mom

Through the Word: Knowing God, Making Him Known

01 - LORD'S PRAYER: Meditations by W. Phillip Keller

Financial Discipleship – the Bible on Cosigning

Parenting on Point

Faith Under Pressure: Stories From the Persecuted Church

Technology & God - God in 60 Seconds

The Missing Half: Why Your Prayers Feel One-Sided and What to Do About It
