YouVersion Logo
Search Icon

Vrede in jou hartSample

Vrede in jou hart

DAY 1 OF 7

God is oorgenoeg

God se teenwoordigheid is genoeg om die wind van ongeloof, kleingeloof, twyfel en woede uit jou seile te haal. Al die geloofshelde van God in die Bybel het dit geweet. God se teenwoordigheid was meer as genoeg vir hulle. Wanneer storms losgebreek het, het hulle dadelik na God se nabyheid begin soek. Hulle grootste troos in sulke tye was sy woorde: “Moenie bang wees nie. Ek is by julle.”

Die Here se nabyheid is die vrede waarna jy vandag ook dringend op soek is. Sy stem is die lewende water waarna jy so dors. Sy aanraking is die lewenstransformasie waarna jy smag. Sy nabyheid is om in een oomblik vanaf dood na lewe te skuif. Dit is om te verskuif vanaf verlore na gevind. Dit is om God se asem in jou neus en in jou longe te voel. God raak graag met sy vinger aan joune. Maar sy liefde is selfs nog mooier as dit. In sy genade omhels Hy jou elke slag terug in sy nabyheid. Dan verdwyn jou rusteloosheid en vrees. Jy kom altyd tot rus by Hom. Sy teenwoordigheid is oorgenoeg. Jy leef voltyds in sy nabyheid.

Scripture

About this Plan

Vrede in jou hart

God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.

More