21 Dae GebedSample

Gebed het drie elemente:
1. Dankbaarheid. Wanneer ons bid, kom ons met dankbare harte na God toe. Dankbaarheid is ’n element van aanbidding en saam met ons dankbaarheid bring ons aan God al die erkenning en dank in ons harte. Deur dit in gebed te doen, word daar lof en aanbidding tot God in ons wakker gemaak.
2. Vertroue. Geloof beteken vertroue op God. In gebed verklaar jy jou vertroue in Hom en aan Hom. In hierdie posisie kan ons nie anders as om dan ook in vertroue aan God ons behoeftes, en die behoeftes van ander, bekend te maak nie.
3. Lof. Die begeerte om God te eer, te aanbid en te loof, is teenwoordig in elke kind van God se hart. Dit lei tot die soort gebed wat God verhef en vereer. Ons loof God nie slegs vir wat Hy doen of gaan doen nie. Ons loof God vir wie Hy is — Hy is waardig!
Die doel van gebed is nie om God te dwing om te doen wat ons wil hê of vra nie, maar eerder dat sy wil in ons lewens geskied en om sy wil op elke ander plek te sien geskied. Sulke gebede verbly God se hart. Ons hemelse Vader inspireer sulke gebed, hoor sulke gebed en beantwoord sulke gebed.
Scripture
About this Plan

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Related Plans

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

Ruth: A Story of Choices

Spicy - Faith That Stands Out

BEMA Liturgy I — Part D

Hebrews Part 1: Shallow Christianity

Celebrate

Sleep in His Presence: Nightime Devotional for Moms

It's Okay to Worry About Money (Here's What to Do Next)

Sent With Purpose
