LydenstydSample

In die Vis
Lees: Jona 2
SOAP : Jona 2:2
“In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor."
Oordenking
Hierdie week fokus ons op hoe God ons, deur Jesus se werk aan die kruis, uit die duisternis gered het. Ons het die dood verdien, maar Jesus het die straf wat ons verdien het op Homself geneem. Hy het ons uit die dieptes van lyding en pyn gered. Terwyl ons ons harte vir Paasfees voorberei, is dit belangrik om te onthou dat ons van die hel en die ewige verdoemenis gered is — dat ons redding nodig gehad het omdat ons almal gesondig het. Die vreugde van die opstanding is beperk wanneer ons begrip van die erns van sonde beperk is.
Jona was 'n profeet in Israel. God het hom spesifieke opdragte gegee om vir die stad Nineve te gaan preek en vir hulle te sê om hulle te bekeer. Jona het egter geweier. Hy was ongehoorsaam aan God en het in 'n teenoorgestelde rigting gegaan. God het 'n geweldige storm gestuur as gevolg van Jona se ongehoorsaamheid en hy is uiteindelik in die see gegooi. Toe word hy deur 'n groot vis ingesluk.
Na drie dae in die vis, het Jona homself voor God verootmoedig. Hy het besef dat sy ongehoorsaamheid gevolge het en dat God hom van die dood gered het. God het Jona gered deur 'n groot vis te beveel om hom in te sluk.
Jona het verstaan dat God hom gered het, en hy het God geprys. Voordat God die vis beveel het om Jona op die vasteland uit te spoeg, het Jona binne-in die vis vir God geprys omdat Hy hom uit die doderyk gered het.
Jona het die erns van sy sonde besef en waarvan God hom gered het. In sy benoudheid het hy tot God geroep en God het hom geantwoord. Dit maak nie saak waar ons vandag is nie, dit maak nie saak wat ons gedoen het of hoe ons van God af weggehardloop het nie, ons kan steeds na Hom uitroep. Hy is die God wat red en verlos, selfs uit die donkerste plekke. Hy kan jou uit enige situasie verlos en red. Al wat ons hoef te doen is om na Hom uit te roep.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More
Related Plans

Wellness Wahala: Faith, Fire, and Favor on Diplomatic Duty

Breaking Free From an Abusive Marriage

Finding Strength in Stillness

Connect With God Through Reformation | 7-Day Devotional

Hey Rival: A Biblical Game Plan for Christian Athletes

I Made It: Joy in the Valley

God’s Strengthening Word: Putting Faith Into Action

Film + Faith - Superheroes and the Bible

Romans: The Glory of the Gospel
