21 Dae Vas en GebedSample

God het in die Ou Testament die Israeliete geroep om Sy volk en eiendom te wees, afgesonder vir Hom. Dit het ook beteken dat hulle Hom as Sy priesters sou dien en aan Hom ’n toegewyde nasie sou wees.
Petrus brei hierdie gedagte uit deur te verduidelik dat elke kind van God deel is van ’n spesiale priesterskap: "‘Julle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring" (1 Pet 2:5b). Die priesterskap van die Ou Testament was maar ’n skadu van die Nuwe Testament se realiteit dat ek en jy soos priesters na God toe kan en moet kom om geestelike offers te bring.
Geestelike offers kan baie dinge insluit, maar dit is in die eerste plek gebede en intersessie (gebed vir en namens ander). Wat ’n wonderlike voorreg! Eers kon nét die volk van Israel, die uitverkore volk, dit doen. Later kon slegs die priesters, daardie uitverkore groep in God se volk, dit doen. Maar nou omdat Jesus ons Groot Hoëpriester is, kan ons saam met Hom en deur Hom ook tot God nader. Dit is nie meer net vir sekeres beskore om tot Hom te nader nie. Elke kind het nou daardie voorreg.
Jesus gee ons toegang tot God die Vader. Hy is ons voorbeeld in hoe ons tot die Vader nader. Ook is Hy ons Groot Hoëpriester wat elke kind van God deel maak van God se spesiale heilige priesters.
Vir verdere studie lees gerus ook Hebreërs 4 en 1 Johannes 1 en 2.
About this Plan

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Related Plans

Connect With God Through Expression | 7-Day Devotional

Arid Hearts Lush Hearts

How to Know Jesus Personally – Start Your Faith Journey Today

Pulse Check: Aligning Our Path to God’s Plans

Missionaries in the Marketplace

Lessons From Ezra

Is There Hope for My Marriage? One Good Reason to Stay Together

A Christian Parent's Guide to Navigating Youth Sports

Pray, Lament, Worship and Repent With Psalm 25
