21 Dae Vas en GebedSample

Wat is vas? Om te vas is nie nét om jouself van kos te weerhou nie. ’n Bybelse definisie sal wees: Vas is die vrywillige onthouding van kos vir ’n spesifiek tyd met die doel om jou te verdiep in jou verhouding met die Here.
Matteus 6:16-17 en 9:14-15 meld ’n baie belangrike aanname deur Jesus. Jesus sê eers "Wanneer julle vas" (6:16a) en dan "wanneer jy vas" (6:17a). Hy volg dit op met die uitdruklike stelling "Dán sal hulle vas" (9:15b). Hy neem aan dat Sy dissipels sal vas. Daar word deur die hele Nuwe Testament heen veronderstel dat Jesus se dissipels – en dit sluit ons vandag in – sal vas.
Verbind jou daartoe om vir een-en-twintig dae lank op ’n bepaalde manier te vas. Onthou, die doel van vas is nie om jouself van iets te weerhou en jou jammer te kry nie. Dit is juis dat ons vir ’n sekere tydperk iets in ons lewe prysgee om in ruil daarvoor meer van God te kan kry en beleef.
Daar is verskillende soorte vas in die Bybel. Hier is ’n kort lys van die mees algemene tipes vas:
- Volledige vas: drink vloeistowwe maar weerhou jou van enige kos
- Selektiewe vas (Daniëlvas): weerhou jou van sekere kossoorte
- Gedeeltelike vas: weerhou jou van ’n hele maaltyd – eet bv. ontbyt en middagete maar nie aandete nie
- Sielsvas: weerhou jou vir die vasperiode van iets (buiten kos) wat ’n groot invloed op jou uitoefen of baie van jou tyd in beslag neem, soos bv. sosiale media en die kyk van TV.
"Prayer is reaching out after the unseen; fasting is letting go of all that is seen and temporal." – Andrew Murray
Scripture
About this Plan

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Related Plans

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

____ for Christ - Salvation for All

Filled, Flourishing and Forward

Leviticus | Reading Plan + Study Questions

Breaking Free From Shame

From Overwhelmed to Anchored: A 5-Day Reset for Spirit-Led Women in Business

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity
