21 Dae Vas en GebedSample

Elkeen van ons se pad met die Here begin wanneer ons Hom aanneem. Die Bybel beskryf daardie moment in ons lewens as byvoorbeeld wedergeboorte, tot bekering kom, God die Vader neem ons aan as Sy kinders, ons sondes word vergewe, ons ontvang die Heilige Gees en ons ontvang die geskenk van die ewige lewe.
Paulus, die skrywer van hierdie brief, moedig ons aan om noudat ons die Here aangeneem het, vas te staan in hierdie realiteit. Hy gebruik twee maniere om dit oor te dra: 1) Ons sal standvastig soos ’n gebou met stewige fondasie wees, en 2) ons sal soos ’n groeiende boom met diep geankerde wortels wees.
Jesus is nou jou Here. In die Nuwe Testament beteken die benaming "Here" eenvoudig Meester of Eienaar. Ek en jy behoort nou aan Hom. Wat ’n wonderlike gedagte!
Hoe maak ons dit prakties? Hou gerus die volgende woorde in gedagte en bid daaroor: "Ek hou van aan Hom vas omdat Hy my vashou." – Charles Spurgeon
Scripture
About this Plan

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Related Plans

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

God's Right Here

Living by Faith: A Study Into Romans

Breaking Free From Shame

To You, Oh Lord

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

Start Your Day With God: How to Meet With God Each Morning

The Artist's Identity: Rooted and Secure
