YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 21 OF 43

Lees: Kolossense 3:12–17

SOAP: Kolossense 3:15

"En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar."

Oordenking

In Kolossense 3:12–17 kry ons ‘n pragtige voorstelling van die nuwe lewe wat ons in Christus het. In vers 15 word ons herinner aan die liefde en eenheid wat ons verhoudings met mekaar moet kenmerk.

Ongelukkig is dit vir baie van ons nie die ware toedrag van sake nie. Satan het baie goed daarin geslaag om verdeeldheid in die liggaam van Christus te veroorsaak.

As gelowiges word ons geroep om in vrede met mekaar te leef en die liefde van Christus in ons harte te laat heers. Dit beteken om ons verskille, ons vooroordele en ons griewe opsy te skuif en te kies om lief te hê en te vergewe soos Jesus ons liefgehad en vergewe het. Hierdie liefde is nie net vir diegene wat maklik is om lief te hê nie, maar vir almal, ook diegene met wie dit dalk moeilik is om oor die weg te kom. Dit is ‘n liefde wat verder as omstandighede reik en is gewortel in Jesus se offerande aan die kruis.

Ons almal het God se vergifnis aan die voet van die kruis nodig. Ons is almal sondaars wat ‘n Verlosser nodig het.

Die verandering moet by ons begin. God het ons die vrede gegee wat ons wêreld so desperaat nodig het. Nou is die tyd om ons geloof in ons lewens in werking te stel. God het ons presies die regte skoeisel vir hierdie geestelike stryd gegee: skoene wat ons gereed maak om die evangelie van vrede te verkondig aan ‘n wêreld wat teen God gekant is. Jesus is ons vrede, Hy het ons sondes weggeneem sodat ons in vrede met God kan lewe. En Hy stel ons in staat om in vrede te leef met ons Christen-susters en -broers, ongeag ras, status of agtergrond.

Gebed

Liewe Here Jesus, dankie vir die vrede wat ons in U het en die eenheid wat kom deurdat ons lede van een liggaam is. Help my om te kies om in liefde en vrede in my lewe te wandel. Gebruik my om ‘n verdeelde wêreld die liefde van Jesus te help sien. Amen.

About this Plan

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More