YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 20 OF 43

Lees: Jesaja 52:7

SOAP: Jesaja 52:7

"Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: 'Jou God is Koning!'”

Oordenking

Daar was nog nooit vir God ‘n beter tyd as nou om ‘n geslag vroue op te rig wat passievol daaroor is om die evangelie van vrede in hulle gemeenskappe en invloedsfere uit te dra nie.

Met die lees van Jesaja 52:7 word ons sterk herinner aan die goeie nuus wat aan ons gegee is om aan die wêreld te verkondig: “Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: ‘Jou God is Koning!’”

Dit is nou die tyd om ander te help sien dat daar meer is omtrent hierdie wêreld as wat ons fisies kan sien. God het ons elkeen geroep om ‘n boodskapper van sy liefde en genade aan diegene om ons te wees.

Van nature het ons nie vrede met God nie, maar is ons sy vyande wat in rebelse trots leef. Ons verantwoordelikheid is om die evangelie van vrede te verkondig en vir mense te sê dat hulle hul na God kan wend en na Jesus toe kom vir vergifnis. Ongeag of dit is deur ons woorde, dade of bloot hoe ons lewe, ons het die voorreg en verantwoordelikheid om die goeie nuus van verlossing en die vrede te verkondig wat net God bied.

Die goeie nuus van verlossing is nie net vir ons nie: dit is vir almal. Ons is bevoorreg om dit vir die wêreld te kan vertel. Kom ons skep moed, tel ons koppe op en gaan met blydskap verder want ons weet ons voete is pragtig omdat hulle die boodskap van die goeie nuus van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, uitdra.

Gebed

Dierbare Here Jesus, dankie dat U hierdie opdrag vir my gegee het. Help my om met vertroue in u krag te wandel en vir ander te vertel van hierdie lewensveranderende vrede wat hulle net in U kan vind. Bring mense wat U moet leer ken in my lewe in. Amen.

Scripture

About this Plan

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More