Wapenrusting van GodSample

Lees: Efesiërs 6:10–18
SOAP: Efesiërs 6:16
"Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer."
Oordenking
Party dae kan dit voel asof ons die een geveg op die ander moet trotseer. En dan, net soos dit voel asof ons ‘n blaaskans kry en weer asem kan skep, breek nog ‘n brander bo-oor ons.
Ons wêreld kan donker, onbestendig en uitputtend wees met baie gevegte wat ons probeer onderkry. Ons hoef egter nie in vrees te lewe nie. In sy liefde en genade het God vir ons die heel beste wapen gegee om sterk te staan te midde van ons gevegte: die skild van geloof.
Daar is ‘n sterk verband tussen die gordel van waarheid en die skild van geloof sover dit geestelike oorlogvoering betref. Om die skild van geloof op te neem, moet ons die waarheid en beloftes van God ken. Geloof is ‘n innerlike oortuiging, die reaksie op wat ons weet waar is.
Wanneer ons styf aan die Woord van God vashou en in geloof reageer, kan die skild van geloof ons beskerm teen die vurige pyle wat die vyand na ons toe afskiet. Hierdie pyle kan in die vorm van twyfel, vrees, versoeking en veel meer kom. Maar wanneer ons op die Here vertrou en sy Woord ken, is ons toegerus met die kennis, krag en moed om enige aanval af te weer.
Gebed
Liewe Here Jesus, dankie dat U ons toerus met presies die regte wapens om die geestelike aanvalle teen ons te oorwin. Gee my ‘n begeerte om u Woord te ken sodat ek my skild van geloof kan ophou wanneer vurige pyle op my gerig word. Help my om nie net te weet wat u Woord sê nie, maar om die geloof te hê om dit te glo en vas te staan onder die dekking van die skild van geloof. Amen.
Scripture
About this Plan

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More
Related Plans

Presence 12: Arts That Inspire Reflection & Prayers

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

RETURN to ME: Reading With the People of God #16

Horizon Church August Bible Reading Plan: Prayer & Fasting

Overcoming Spiritual Disconnectedness

Raising People, Not Products

Restore: A 10-Day Devotional Journey

Principles for Life in the Kingdom of God

For the Love of Ruth
