YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 17 OF 43

Lees: Efesiërs 6:10–18

SOAP: Efesiërs 6:15

"En die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete."

Oordenking

Ons weet almal skoene is 'n noodsaaklike deel van elke uitrusting. Wanneer ons skoene nie die regte styl is of nie reg pas nie, as hulle te klein of te groot is, kan hulle ons dag maak of breek, of dit nou op pad is vir 'n vinnige stappie, 'n gemaklike uitstappie vir inkopies of 'n professionele raadsvergadering is.

Romeinse soldate het ook geweet hoe belangrik dit is om die regte skoene vir ‘n geveg te dra. Hulle het sandale gedra met spykers aan die onderkant van hul skoene. Dit het hulle gehelp om vas te staan in hul gevegte, soos ons moderne spykerskoene.

God rus ons in sy liefde toe met 'n onwrikbare fondament in die gordel van waarheid. Hy beklee ons in sy geregtigheid deur ons borsharnas van geregtigheid. En Hy gee vir ons skoene wat vrede verskaf, selfs wanneer alles om ons verkrummel. Dit is verbasend wat 'n goeie paar skoene kan doen!

Wanneer ons kies om in die skoene te staan wat God met liefde vir ons gepas het, kan ons die vertroue hê dat Hy by ons is, dit maak nie saak wat oor ons pad kom nie. Hierdie vrede gee ons die krag om vas te staan in die aangesig van opposisie. Dit is die goeie nuus van verlossing deur Jesus Christus en dit bring vrede in ons harte en gedagtes, selfs te midde van onstuimigheid en onsekerheid.

Gebed

Here Jesus, dankie dat, ondanks wat in my lewe aangaan, ek reeds die nodige vrede by U gekry het. Dankie dat U vrede verskaf wanneer ek voel dat ek nie uit die woedende storm kan kom nie. Amen.